Beplande wateronderbreking vir Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

Die Sol Plaatje-munisipaliteit beplan om vanaf 12 Mei tot Sondagaand 15 Mei aan die waterinfrastruktuur te werk.

Inwoners sal dus van Donderdagaand om 18:00 tot Sondagaand sonder water wees.

Ockie Fourie, DA-raadslid, sê hy het met Thoko Riet gesels en die besluit is geneem om die herstelwerk van 12 Mei tot 15 Mei te voltooi.

Fourie sê die herstelwerk is niks groots nie en dat daar bloot sweiswerk gedoen gaan word en die besinkingsdamme skoongemaak moet word.

Hy sê die beplande herstelwerk is minimaal in vergelyking met wat in die verlede gedoen is.

“Daar sal gereelde kommunikasie met inwoners wees om hulle ingelig te hou.”

Daar sal ook waterpunte beskikbaar wees in verskillende gebiede vir die tydperk wat die water afgeskakel gaan wees. Dié punte sal nog bekendgemaak word.