Vlak 10-weerwaarskuwing vir Vrydag uitgereik vir Noord- en Wes-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vlak 10-weerwaarskuwing vir veldbrande is vir dele van die Noord-Kaap en Wes-Kaap vir Vrydag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) uitgereik.

Dit waarsku oor veldbrandtoestande van so vroeg as 08:00 die oggend tot Vrydag laataand.

“Toestande is so dat die brandgevaar-indeks (FDI) bo 75 is. Onder hierdie toestande kan brande vinnig ontwikkel en versprei, wat skade aan eiendom en moontlike verlies van mense- en/of dierelewe tot gevolg kan hê.”

Gebiede in gevaar is:

Beaufort-Wes

Laingsburg

Kannaland

Ladismith

Hantam

Calvinia

“Brandspanne, arbeid en toerusting moet op bystand geplaas word. Die eerste teken van rook, elke moontlike maatreël moet getref word om die brand binne die kortste moontlike tyd onder beheer te bring,” het die SAWD gesê.

Bronne: MSN, Daily Mirror

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Vrystaatse graad 6-leerling sterf na messteek