Pravin Gordhan het ‘n versoek van die DA om ‘n ramptoestand te verklaar vir Eskom afgekeur met die redenasie dat hulle net Fase 8-beurtkrag kan instel om te keer dat die energiestelsel ingee.
As die land Fase 8-beurtkrag moet instel, sal dit ‘n ander soort ramptoestand veroorsaak, aangesien huishoudings in Fase 8 tussen 12 en 14 ure sonder krag sal wees.
“Die regering het dit nie oorweeg om ‘n ramptoestand te verklaar om te reageer op die energie-uitdagings wat ons in die gesig staar nie. In hierdie stadium is daar geen vereiste vir die regering of Eskom om ’n noodtoestand af te kondig nie.” “Die belangrikste noodsaaklikheid is te alle tye om die totale ineenstorting van die netwerk te vermy. Daar is dus interne planne om die kragstelsel te bestuur wat die stelseloperateur in staat sal stel om tot Fase 8-beurtkrag te implementeer – om die netwerk teen totale ineenstorting te beskerm,” het Pravin Gordhan gesê.
Bronne: BusinessTech, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Polisiebeampte glo buite dogter se skool doodgeskiet tydens kaping



