SA-pastoor op pad na Oekraïne

Deel hierdie storie / Share this story

Pastoor Rooies Strauss en sy span is tans besig om reëlings te tref om die oorloggeteisterde Oekraïne te gaan besoek.

Strauss, ‘n pastoor en krokodilboer, sê hulle is vir eers net ‘n span van vyf mense wat gaan help. Hy vertel die ambassadeur is “in sy noppies” oor hul besoek en dat die mense van Oekraïne baie behulpsaam is.

LEES OOK: ‘Ek vrees f*kk*l,’ sê Ramaphosa aan Malema

“Ons weet nog nie of ons slaapplek in ‘n ‘bunker’ gaan hê as ons daar aankom nie. Maar ons is sterk op pad om die mense met trauma te gaan help.”

Die pastoor sê of die oorlog nou aanhou of ophou, sal hulle die land besoek en moontlik later ‘n groter groep ook stuur.

Hulle beplan om traumaberading te doen vir kinders en enigiemand wat geliefdes tydens die oorlog verloor het. “Ons gaan ook die evangelie verkondig. Dis nie sommer net ‘n vinnige ding nie,” sê Strauss.

Die groep gaan vir ses weke na Oekraïne.

Strauss sê dat hulle donasies sal waardeer om hulle op die tog te ondersteun en dat hulle byvoorbeeld finansies gaan benodig vir watersuiweringstablette, kos of enige ander benodighede.

Kontak Strauss by 082 789 9550 indien jy ‘n donasie wil maak. Volg hom ook hier op Facebook of op Telegram.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Laerskoolberader wat glo nege seuns verkrag en seksueel aanrand, in hof