Geliefdes vier 23ste sonder Ashley

Deel hierdie storie / Share this story

Ashley Oosthuizen het Donderdag haar 23ste verjaardag in ‘n Thaise tronk deurgebring.

A Voice for Ashley Oosthuizen, ‘n Facebook-blad en beweging wat gestig is om Ashley te ondersteun ná sy in Thailand in hegtenis geneem is vir ‘n pakkie wat glo eintlik aan haar kêrel behoort het, het op Facebook gedeel dat sy haar 23ste verjaardag op 3 Maart vier.

Daar is gevra dat lede van die gemeenskap en enigiemand wat Oosthuizen se saak ondersteun, dié dag geel aantrek.

Baie ondersteuners het in die kommentaarblok gesê dat hulle aan Oosthuizen dink op die spesiale dag en haar gelukgewens met haar verjaardag.

Oosthuizen is lewenslange tronkstraf opgelê ná sy in Thailand geteken het vir ‘n pakkie wat dwelms bevat het. Dié pakkie het glo aan haar Amerikaanse kêrel, Tristan Nettles, behoort. Hy was nie beskikbaar nie en die pakkie is by sy restaurant, waar Oosthuizen gewerk het, afgelewer.

Lees die volledige berig hier.