Sewe mans vas vir openbare geweld in die Vrystaat

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Bloemfontein, in die Vrystaat, het sewe mans in hegtenis geneem vir die oortreding van die Padverkeerswet, die Wysigingswet op Strafsake en die Wet op Openbare Oortreding.

Hulle het die R702-pad met brandende bande en klippe afgesper. Inwoners van Dinaweng en Phomolong informele nedersettings het geprotesteer om hul ontevredenheid met die Wyk 51 Raadslid te toon.

Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die verdagtes sal vandag voor die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook; Budapest nou veilige hawe vir SA-ambassadeurs-gesin