André Groenewald, Suid-Afrika se ambassadeur in Oekraïne, het Donderdagaand om drie-en-twintig minute oor nege Suid-Afrikaanse tyd per WhatsApp aan Rosestad-nuus se Anna Pauw verklap dat hy en sy gesin veilig in Budapest in Hongarye is.
Intussen is nagenoeg dertig Suid-Afrikaners moontlik nog in Oekraïne vasgekeer terwyl die land sy agtste dag van Russiese aanvalle ondervind.
‘n Suid-Afrikaner wat in Londen woon, Hayley Reichert, sê vyf van die vasgekeerde Suid-Afrikaners is studente.
Reichert is een van talle mense in Europa wat ‘n veilige tog uit Oekraïne vir Suid-Afrikaners probeer reël.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



