Suid-Afrikaners wat nog nie met hul familielede in Oekraïne in aanraking kon kom nie, is versoek om met die departement van Internasionale Betrekkinge in verbinding te tree

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners wat nog nie met hul familielede in Oekraïne in aanraking kon kom nie, is versoek om met die departement van Internasionale Betrekkinge in verbinding te tree.

Die departement sê hy werk saam met ambassadeurs in Oekraïne se buurlande en Suid-Afrikaners in Europa om ‘n veilige deurgang vir alle burgers te bied. Die departement se woordvoerder, Clayson Monyela, het bevestig dat ‘n aantal Suid-Afrikaners reeds uit Oekraïne in sekere van sy buurlande aangekom het waar hulle hulp by ambassades kry.

Monyela sê 28 Suid-Afrikaners is reeds in Hongarye, drie in Roemenië en 13 is in Pole.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Suid-Afrika het buite stemming gebly tydens die stemming van die VN oor die konflik in Oekraine