Suid-Afrika het buite stemming gebly tydens die stemming waarmee die Spesiale Noodsitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering met ‘n oorweldigende meerderheid Rusland se sogenaamde militêre optrede in Oekraïne veroordeel het.
Suid-Afrika was een van 35 lande wat nie gestem het nie.
Altesaam 141 lede het ten gunste van Rusland se onttrekking gestem, terwyl net Sirië, Belarus, Noord-Korea en Eritrea saam met Rusland teen sy voorgestelde onttrekking gestem het.
Die sitting eis dat Rusland onmiddellik en onvoorwaardelik uit Oekraïne onttrek.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: SA regering moet Suid-Afrikaners in Oekraïne help om terug te keer



