SA regering moet Suid-Afrikaners in Oekraïne help om terug te keer

Deel hierdie storie / Share this story

Talle Suid-Afrikaners is tans vasgekeer in Oekraïne, onder andere studente wat die Suid-Afrikaanse regering na dié land gestuur het om medies te gaan studeer en daar rus ʼn plig op die Suid-Afrikaanse regering om dié persone by te staan.

Alle Suid-Afrikaners in dié oorloggeteisterde land moet so gou moontlik gehelp word om Oekraïne te verlaat en terug te keer na Suid-Afrika.

Daar is tans talle bewerings oor die benarde situasie van die studente soos dat van hulle gestrand sit sonder kos en ander noodsaaklike lewensmiddele.

Dit is nog altyd die standpunt van die VF Plus dat oorlog en geweld nie ’n oplossing is vir probleme nie.

Die party doen daarom ’n beroep op die betrokke partye en die internasionale gemeenskap om alles in hul vermoë te doen om ’n vreedsame oplossing te kry vir die konflik in Oekraïne.

*PERSVERKLARING

Lees ook: 32 Suid-Afrikaanse studente is tans in die konflikgeteisterde Oekraïne gestrand