Die Vrystaatse polisie het ’n waarskuwing uitgereik vir rylopers

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vrystaatse polisie het ’n waarskuwing uitgereik vir die gemeenskap van Lejweleputswa om op die uitkyk te wees vir ontvoerders.

Die ontvoerders prooi tans rylopers in verskillende areas in die provinsie.

Die modus operandi is om die slagoffers te ontvoer en om dan ‘n losprys vanaf die families te eis vir hul vrylating.

Polisiewoordvoerder kaptein Stephen Thakeng sê dat elke leidraad tans ondersoek word om die verdagtes vas te trek en daar word by die gemeenskap gepleit om tans eerder nie te ryloop nie

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die VF Plus is ontevrede oor stemming oor wetsontwerp