Die VF Plus veroordeel die ANC en EFF omdat hulle teen die Wetsontwerp van Privaatlede gestem het wat deur die party se leier, Pieter Groenewald, ingedien is.
Die Wetsontwerp is daarop gemik om die magte van die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, te beperk om die Nasionale Ramptoestand onbepaald te verleng.
Groenewald sê die twee partye het aangedui dat die wetsontwerp nie na hulle mening raadsaam is nie.
Hy sê dit is jammer dat die minister nou sonder oorsig vrye teuels gegee is om eensydig te besluit wanneer die ramptoestand tot ‘n einde gaan kom.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Die DA in die Vrystaat soek ‘n behoordelike ondersoek teen Sello More en sy departement



