Die DA in die Vrystaat wil nou ‘n behoordelike ondersoek teen Sello More en sy departement bring vir vermeende wanbestuur.
Dit volg nadat Johan Pretorius, DA-koukusleier van die Mangaung Metro, saam dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, die munisipale werkwinkel besoek het.
Volgens Netwerk24 sê Pretorius daar staan rugbyvelde vol stukkende voertuie en voertuie wat gekoop is maar nog nooit gebruik is nie.
Pretorius sê verder baie van die voertuie het ook nie lisensieskyfies nie terwyl ander voertuie jaar in en jaar uit daar staan en verroes. Intussen staan daar ook rye en rye stukkende vullistrokke wat nie herstel word nie.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.



