Geld vir Vrystaatse paaie nou elders aangewend

Deel hierdie storie / Share this story

Die Vrystaat se paaie is van die slegstes in die land, maar ‘n toelaag vir die instandhouding van paaie in dié provinsie is nou deur die nasionale tesourie aan ander provinsies toegeken, dit aldus berriggewing deur Netwerk24.

Hiervolgens het Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, gesê die skok-onthulling het aan die lig gekom toe die minister van finansies op 25 Februarie vyf en veertig komma vier miljoen van ‘n paaie-toelaag wat aan die Vrystaat toegeken is, van dié provinsie af weggeneem het.

Veral boere in die Vrystaat trek reeds jare lank swaar om paaie in stand te help hou. Die swak toestand van paaie in die provinsie het onder andere ‘n reuse negatiewe invloed op die boerderybedryf.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Nog ‘n politikus uitgewys in die Zondo-verslag