Longkanker is by die bekende radio-aanbieder, Mark Pilgrim, gediagnoseer nadat hy 33 jaar in remissie was.
Pilgrim het Maandag die nuus op sy Facebook-blad bekendgemaak en gesê die groot “K” is terug.
"Ek is nie Chuck Norris nie. Ja, ek is bang. Ek is ook sterk. Beide emosies loop parallel met mekaar. Ek is onder die sorg van ongelooflike dokters en omring deur liefde. Dit is my storie. En daar is nog hoofstukke wat kom."



