Nog ‘n politikus uitgewys in die Zondo-verslag

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ʼn politikus wat deur die nuutste Zondo-verslag uitgewys is, is oud-minister Nomvula Mokonyane.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping het aanbeveel dat Mokonyane ook vir korrupsie ondersoek en vervolg word.

Die verslag toon bewyse dat sy soos onder andere oud-president Jacob Zuma en die huidige minister van Energie en Minerale Bronne, Gwede Mantashe, voordeel getrek het uit regeringskontrakte met Bosasa.

Mokoyane was in 2018 die minister van Kommunikasie en daarna ook minister van Omgewingsake.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Zondo sê Gwede Mantashe moet ondersoek word vir korrupsie