Die 18-jarige Zimi Mtshawulana het die dag van haar verdwyning ’n briefie gelos en gesê dat sy daarvan beskuldig word dat sy geld uit haar ouerhuis gesteel het.
Die polisie sê Mtshawulana se ma het op 27 Februarie die huis verlaat om ’n vergadering in Bronville by te woon. Toe sy by die huis kom, kon sy haar dogter nêrens kry nie en het sy die briefie gekry.
Mtshawulana is ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Lekgarietsa en het ’n blou denim, ligtegroen T-hemp en wit tekkies aangehad toe sy laas gesien is.
Indien jy enigiets weet van haar verdwyning of haar iewers gewaar, kontak die polisie by 073 479 5572 of 08600 10111.
Volg FiND iT hier op Facebook.



