Zondo sê Gwede Mantashe moet ondersoek word vir korrupsie

Deel hierdie storie / Share this story

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het aanbeveel dat die minister van Minerale Bronne en Energie en huidige voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, ondersoek moet word.

Dit nadat daar bevind is dat die Grondwet en wetgewing oortree en etiese kodes verbreek is nadat onwettige tenders aan Bosasa toegeken is.

Volgens die verslag wat die Zondo-kommissie bekend gestel het, is daar ʼn moontlikheid dat ʼn prima-facie saak van korrupsie teen hom kan volg.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: President Ramaphosa ontvang vandag die derde verslag van die Zondo-kommissie