President Ramaphosa ontvang vandag die derde verslag van die Zondo-kommissie

Deel hierdie storie / Share this story

Die derde deel van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag word vandag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.

Dit is nie die finale verslag soos wat oorspronklik beplan is nie, aangesien die hooggeregshof verlede week uitstel gegee het aan die kommissie om hul finale verslae voor te berei.

Uitstel is tot einde April verleen.

Die hof het ook aan president Ramaphosa vier maande grasie na April gegun om te reageer op die bevindinge en aanbevelings in die verslag.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Russiese magte val aan ná Putin se TV-verklaring