Japannese koerant groei as dit geplant word

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Baie bekende koerant in Japan het met ‘n inisiatief na vore gekom om papiervermorsing te verminder.

Die “Groen Koerant” se blaaie is heeltemal van herwinde papier gemaak en wanneer jy dié koerant klaar gelees het, kan jy dit plant.

LifeGate sê die konsep is nie heeltemal nuut nie, maar dat dit steeds baie fassinerend is.

Die uitgewer van die koerant moedig lesers aan om die koerant in klein stukkies op te sny ná dit gelees is en om dié stukkies dan te plant en water te gee. Binne ‘n paar weke sal spruitjies van plante en blomme opkom.

Dentsu Inc., een van Japan se grootste bemarkingsagente, het met die idee vorendag gekom.

Die inisiatief het skole ook by die projek betrek om bewusmaking oor omgewingsbewaring te bevorder en kinders die belangrikheid van herwinning te leer.

Lees ook: Geliefde Bloemfontein-paartjie sterf in ongeluk

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.