Voormalige mej. Oekraïne verruil hakke vir weermagstewels

Deel hierdie storie / Share this story

Die skoonheidskoningin en voormalige Mej. Oekraïne het haar hoë hakke vir weermagstewels verruil.

Na die onlangse Russiese inval het Anastasia Lenna deel geraak van die Oekraïense weermag om haar land te beskerm.

Baie mense het in hul president, Volodymyr Zelensky, se voetspore gevolg en besluit om Oekraïne te beskerm. Baie het as vrywilligers aangebied om hul land se weermag te help.

Sedert die Russiese inval het Lenna verskeie plasings op Instagram gedeel waarin sy die krisis bespreek. Lenna, wat Oekraïne in 2015 in die Miss Grand International-skoonheidskompetisie verteenwoordig het, het intussen ‘n reeks plasings gemaak waarin sy ‘n weermaguniform aanhet en ‘n geweer vashou.