‘n Paartjie van Bloemfontein is Vrydagoggend tragies in ‘n motorongeluk oorlede.
Joané en André du Plessis was glo van De Aar na Burgersdorp op pad na ‘n veiling toe die ongeluk plaasgevind het.
Volgens Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa, wat foto’s van die motorwrakke op Facebook geplaas het, was daar twee mense in die ander voertuig ook. Die een is oorlede en die ander een is in ‘n kritieke toestand.
Huldeblyke en vriende en familielede se herinneringe van die paartjie stroom in op Facebook.
Baie mense beskryf die impak wat dié paartjie op hulle lewens gehad het en hoe baie hulle gemis gaan word.
Daar sal Saterdagoggend 5 Maart ‘n herinneringsdiens vir André en Joané gehou word.
Lees ook: Pappa van twee (38) kritiek in Kby-staatshospitaal



