Departement van Toerisme betaal hulpfonds verkeerdelik uit

Deel hierdie storie / Share this story

Die Departement van Toerisme het verkeerdelik meer as 13 miljoen rand via sy Toerismehulpfonds en die Hulpfonds vir Toergidse uitbetaal.

Dit is deur die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, bekend gemaak in antwoord op parlementêre vrae wat deur die DA gestel is.

Volgens die party se Many de Freitas wys dit op groot tekortkominge en ‘n gebrek aan kontroles in die uitreiking van fondse aan begunstigdes van beide fondse gedurende die streng inperking in 2020.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: President Ramaphosa ontvang vandag die derde verslag van die Zondo-kommissie