Die leier van die EFF, Julius Malema, is vandag terug in die hof op aanklagte wat verband hou met die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar.
Hy is op kamera vasgelê terwyl hy glo ‘n aanvalsgeweer afgevuur het by sy party se vyfde verjaardagvieringe in 2018.
Hy staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, en van roekelose bedreiging van persone of eiendom.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Departement van Toerisme betaal hulpfonds verkeerdelik uit



