Geluide oor Russiese kernwapen-gereedheid wat die naweek uit die kantoor van Russiese president, Wladimir Poetin gehoor is, wek kommer.
Volgens netwerk24 het Poetin glo gesê dat sy land se kernwapenvermoëns op ‘n hoë vlak van gereedheid geplaas moet word.
Hierdie uitlating het vrese laat ontstaan dat Rusland se inval van Oekraine tot ‘n kernwapen-oorlog kan eskaleer.
Ingevolge ‘n dokument genaamd “Basiese Beginsels van Staatsbeleid van die Russiese Federasie oor Afskrikmiddels” van 2020, lê die besluit hieroor vierkantig in die hande van Rusland se president.
Rusland se ministerie het later glo aangekondig dat sy missiele op “verhoogde vegdiens” geplaas is.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Budapest nou veilige hawe vir SA-ambassadeurs-gesin



