‘n Man van Alabama is van rommelstrooiery aangekla ná hy blomme op sy verloofde se graf gesit het.
Winchester Hagans sal 17 Maart in die hof verskyn en het onskuldig gepleit na sy verloofde se pa hom aangekla het.
Vocal Media berig Hagans het ‘n blommeboks met verlowingsfoto’s van hom en sy verloofde gebou en dié boks by haar graf by Auburn Park-begraafplaas gesit.
Maande het verbygegaan en die boks is elke keer van haar graf verwyder. Hagans sê hy het elke keer die boks en die blomme vervang.
Familielede van sy verloofde het glo nie van Hagans gehou nie, maar hy sê niemand het hom ooit gevra om nié haar graf te besoek of blomme te los nie.
In Februarie 2022, ‘n bietjie langer as ‘n jaar na sy verloofde se dood, is Hagans in hegtenis geneem na sy verloofde se pa hom van kriminele rommelstrooiery aangekla het. – Vocal Media
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Kyle verloor stryd teen kanker
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



