Inwoners bekommerd oor ‘honger’ beer wat by huise inbreek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Honger beer het in die laaste paar maande by 28 huise in Kalifornië ingebreek op soek na kos.

Die polisie is nou op soek na die beer, bekend as Hank the Tank.

Die beer het volgens CCN Vrydag deur ‘n klein venster by ‘n huis gebreek en Saterdag weer by ‘n tweede huis.

Niemand is gelukkig nog beseer tydens een van die beer se inbrake nie.

Inwoners is bekommerd en die Wildlife Department sê inwoners het al meer as 100 keer gerapporteer dat die beer in die area is.

Peter Tira, woordvoerder vir die departement, het aan CNN gesê hulle hanteer die saak al sedert verlede jaar.

Die departement doen dan verder ‘n beroep op inwoners om versigtig te wees en kos verantwoordelik te bêre.

Volg FiND iT hier op Facebook.