Die tesourie ontken dat dit die afgelope paar jaar begrotings oor departemente gesny het.
Die tesourie sê die land het juis sosiale besteding oor die afgelope drie jaar verhoog.
Vakbonde insluitend SAFTU en COSATU sê hulle is bekommerd oor die impak van nog begrotingsbesnoeiings deur minister Enoch Godongwana op maatskaplike besteding en ander programme wat arbeid raak.
Dit is met die oog op vanmiddag se begrotingsrede.
Intussen gaan verskeie organisasies, insluitend die EFF, vandag betogings buite die parlement hou teen begrotingsbesnoeiings en die regering se IMF-lening.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: NVG het bevestig daar is nog geen wysigings aan Ace Magashule se korrupsie klagtes nie



