‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Mthunzi Mhaga, sê daar is geen wysigings aan die akte van beskuldiging wat op die geskorste ANC sekretaris-generaal, Ace Magashule en sy medebeskuldigdes beteken is nie.
Dit volg nadat Magashule en sy bondgenote gister buite die hof in Bloemfontein aan joernaliste gesê het dat sy aanklagte aansienlik verminder is as ‘n teken van vertroue, dat hulle waarskynlik sal wegval.
Magashule en van sy medebeskuldigdes het die hof gevra om hulle name van die klagstaat in die Vrystaat asbesdak-korrupsiesaak te verwyder.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Ace Magashule-hofsaak gaan vandag voort



