Sedert die stigting van die nasionale kontant-in-transito-taakspan in 2020, is meer as tweehonderd verdagtes gearresteer, meer as eenhonderd vuurwapens en meer as 150 hoëprestasievoertuie in beslag geneem.
Die nasionale transito-taakspan is verantwoordelik om roof met verswarende omstandighede, veral transito-rooftogte, te voorkom en te bekamp.
Polisiewoordvoerder kol. Athlenda Mathe sê die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens, genl. Khehla Sitole, het die meedoënlose pogings van die span geloof.
Sy lof volg op die jongste deurbraak waar nog twee verdagtes in hegtenis geneem is vir die skietgeveg wat gister in Rosettenville, in Gauteng, plaasgevind het.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Mangaung munisipale werkers kry moontlik geen salarisse hierdie maand nie



