Mangaung- munisipale werkers kry moontlik geen salarisse hierdie maand nie

Deel hierdie storie / Share this story

Dienslewering dreig om tot ‘n stilstand te kom nadat die Mangaung Metro vroeër ‘n brief aan departementshoofde gestuur het en hulle in kennis gestel is dat munisipale werkers van Mangaung moontlik nie salarisse sal ontvang vir Februarie nie. 

Die rede wat hiervoor aangevoer word, is die feit dat daar nie tans ‘n munisipale bestuurder aangestel is nie, en die pos nog vakant is. 

Die munisipale bestuurder moet die finale goedkeuring gee vir salarisse.  Intussen het die munisipale werkersvakbond SAMWU met sy lede vergader en besluit om geen pligte verder uit te voer totdat lede gewaarborg is dat hulle wel salarisse sal ontvang op die 24ste Februarie nie. 

Die Metro het na bewering ‘n beroep gedoen op die speaker om so gou moontlik ‘n stadsbestuurder aan te stel. 

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: The Hill shooting suspects to appear in court