Ace Magashule-hofsaak gaan vandag voort

Deel hierdie storie / Share this story

Die hooggeregshof in Bloemfontein sal vandag voortgaan met Ace Magashule se saak rakende sy aanklagte wat verband hou met die Vrystaat-asbesdak-skandaal.

Magashule staan saam met 16 medebeskuldigdes tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Uit die 16 medebeskuldigdes, insluitend vyf besighede wat by die asbeskorrupsie betrokke is, probeer vier, insluitend die ANC se Magashule, om hul name van die klagstaat te laat onttrek.

Die saak het om tienuur vanoggend begin.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Klawer-moordenaar glo in hospitaal na hongerstaking