Jou voorkoms het jou dalk van Covid gered

Deel hierdie storie / Share this story

Wetenskaplikes het bevind dat hoe aantrekliker jy is, hoe sterker is jou immuniteit en daarom het jy ‘n kleiner kans om Covid-19 op te doen.

In ‘n studie het navorsers foto’s en bloedtoetse van 79 vroue en 80 mans by die Texas Christian University geneem en 492 ander vrywilligers is gevra om die aantreklikheid van die deelnemers te beoordeel op grond van die foto’s wat geneem is.

Die studie het bevind dat die aantreklikste deelnemers duidelik beter immuniteit in hul bloedmonsters gehad het.

Wat virusse, soos die koronavirus, betref, het dit geblyk net die aantreklikste mans het ingeboude beskerming daarteen.

Bronne: IOL, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Meng Johnson & Johnson met Pfizer-entstowwe vanaf Woensdag