Bekende sakeman dood nadat hy vir polisie wegjaag en sakkies kokaïen probeer insluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bekende sakeman van Constantia, Terence Bushnell, is dood nadat hy glo vir die polisie probeer wegjaag het en toe sakkies kokaïene probeer insluk het.

Die polisie het sy wit bakkie langs Marinerylaan, tot op die N1, agtervolg, waar hulle uiteindelik die bakkie se bande stukkend geskiet het om die jaagtog naby Foreshore tot stilstand te bring.

Volgens IOL is hy op die toneel aan ‘n oordosis dwelms dood en ‘n ooggetuie het gesien hoe hy die sakkies kokaïene in sy mond probeer druk het.

In ‘n video wat die Weekend Argus op Twitter gelaai het, kan gesien word hoe die polisie hom deur die strate jaag.

Ao Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar bygevoeg dat dit onderhewig is aan ‘n ondersoek van ‘n onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), aangesien die man in polisie-aanhouding gesterf het.