Brandon Richter (33), ’n jong pa van twee, is Maandagmiddag doodgeskiet toe rowers op die Widover-supermark in Oos-Londen wat hy saam met sy pa besit, toegeslaan het.
Hy is die pa van ’n tweejarige seuntjie en ’n twee weke oue babaseuntjie.
Jong pa van twee seuntjies oorlede
Vier verdagtes het glo omstreeks 16:55 by ’n kanthek ingekom en geld van die kassier geëis. ’n Klant wat in die winkel was, het die eienaars agter in die pakhuis bewus gemaak van die situasie.
Toe die verdagtes probeer vlug het, het hulle gesukkel om die kanthekkie oop te kry en Richter het glo op hulle afgestorm.
Dit is toe dat ‘n verdagte vir Richter in die bors geskiet het. Die patroon het ook ’n klant in die bobeen getref.



