Man sterf na hy met plastiek gebrand, met stokke, hamers geslaan is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Slagoffer (38) is op 29 Desember oorlede ná hy deur ‘n groep mans met stokke en hamers geslaan is en met plastiek gebrand is omdat hulle hom van roof beskuldig het.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes tussen die ouderdomme van 23 en 29 is in hegtenis geneem omdat hulle die man se dood veroorsaak het.

“Op 29 Desember het die polisie reageer op ‘n klagte van boendoereg (mob justice) in KwaMashu,” sê Mbhele. “Die slagoffer, Siphiwe Shelembe, is met stokke en hamers aangerand, en ook met plastiek gebrand deur ‘n groep mense wat hom van roof beskuldig het.”

Volgens Mbhele het die verdagtes van die toneel gevlug toe hulle ‘n polisiemotor na die toneel sien aankom het. Die slagoffer het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling, waar hy aan sy wonde beswyk het.

‘n Saak van moord word nou by die KwaMashu-polisiestasie ondersoek.

Lees ook: Jy kan die KKNK bywoon, ás jy ingeënt is

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.