Die liggaam van ‘n 30-jarige man is Maandagoggend in die De Le Bat-swembad op Worcester gevind ná hy en sy gesin glo in die swembad geswem het.
Die Breedevallei-munisipaliteit sê die man se liggaam is Maandagoggend deur personeel in die swembad ontdek.
Die man, wie se identiteit nog nie aan die Breedevallei-munisipaliteit bekend is nie, is op die toneel dood verklaar.
Owerhede ondersoek die saak.



