Haai-aanvalle vermeerder wêreldwyd
Daar is nou wêreldwyd gemiddeld 72 haai-aanvalle per jaar.

Haai-aanvalle vermeerder wêreldwyd
Haai-aanvalle het in 2021 regoor die wêreld toegeneem ná drie opeenvolgende jare van afname.
Die VSA het weereens die meeste aanvalle in 2021 aangemeld en Florida was verantwoordelik vir byna 40% van onuitgelokte haai-aanvalle wêreldwyd.
Sowat 52 onuitgelokte haai-aanvalle is in 2020 aangemeld terwyl 73 onuitgelokte haai-aanvalle in 2021 aangemeld is. Wêreldwyd kom nou gemiddeld 72 haai-aanvalle per jaar voor.