Oud-leerling van Sentraal (21) tragies oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Willie Pretorius, ‘n oud-leerling aan Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, is tragies in ‘n motorongeluk oorlede.

Willie is op die R700 dood toe hy vermoedelik beheer oor sy bakkie verloor het.

VR Medical, nooddienste wat omstreeks 05:30 na die toneel ontbied is, sê hulle het ‘n oproep ontvang oor ‘n bakkie wat op die R700 naby Soutpan gerol het.

“Toe paramedici op die toneel aankom, kon hulle ‘n 21-jarige se lewelose liggaam ongeveer 15 m van die bakkie af sien,” skryf VR Medical op Facebook.

Pretorius het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel oorlede.

Hoërskool Sentraal het intussen ook op sy Facebook-blad sy medelye uitgespreek met Willie se familie en vriende.

Willie het in 2018 gematrikuleer.

Lees ook: Meisie dood, nog agt beseer toe rukwind springkasteel skep

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.