Riaan Benadé word pa

Deel hierdie storie / Share this story

Riaan Benade (29), die gewilde Afrikaanse sanger, word pa.

Die Spontaan-sanger het die nuus Sondagaand op sy Instagram-profiel met ‘n sonarfoto gedeel en gesê hy wil graag hê sy aanhangers moet dit “uit die perd se bek hoor”.

Benadé en sy meisie, Melissa Oberholzer (23) is ‘n jaar en vier maande ‘n paartjie.

Benade het nie veel uitgebrei oor die koms van die baba en hoe ver Oberholzer swanger is nie.

Die boerseun met die rasperstem het in 2020 bekendheid verwerf met treffers soos Gooi my nog ‘n whiskey, Vat ‘n bietjie en Lieg vir my.