Gesondheidsdepartement kanselleer opsporing van persone in kontak met Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Persone wat in kontak was met mense wat positief getoets het vir Covid-19, sal nie meer deur contact tracing opgespoor word nie.

Dit sal wel voortgaan indien Covid-19 in ‘n groot groep persone versprei is.

So het die departement van gesondheid Donderdag aangekondig.

In ‘n opgedateerde memorandum sê die departement dat “inperkingstrategieë nie meer gepas is nie”.

Die gesondheidsdepartement het opgemerk dat baie persone hoë immuniteit teen die virus het, omdat hulle al Covid-19 gehad het of hulle die inenting ontvang het en dat daar baie asimptomatiese gevalle is.

Persone wat in kontak was met iemand wat positief getoets het, moet hulself steeds monitor deur gereeld hulle temperatuur te neem en vir simptome op te let. Indien hulle simptome ontwikkel, moet hulle hulself laat toets.

Kwarantyn:

Die isolasie-tydperk vir mense wat in kontak was met iemand wat positief getoets het, moet ook onmiddellik gestaak word, sê die departement. Dit geld vir ingeënte en oningeënte persone.

“Isolasie kos essensiële dienste baie, omdat baie mense van die werk af wegbly en so inkomste verloor. Hulle kinders mis ook baie skoolwerk.” – The South African

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Kroegeienaar drink hom dood

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.