Pierré Bellingan (42), die kroegeienaar van Bloemfontein wat verlede Woensdag in hegtenis geneem is ná hy glo ‘n 17-jarige met tik ingespuit het, het Donderdag weer in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
Bellingan het verlede Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en die hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed.
Die 17-jarige seun se pa het ‘n verklaring by die Bainsvlei-polisiestasie geopen ná sy seun die volgende oggend in Bellingan se oprit by sy huis in Woodland Hills gevind is.
Bellingan het die seun na bewering die aand na hulle by Gregory’s Pub gekuier het, gevra om hom huis toe te neem. Hy het die seun toe ook glo by sy huis ingenooi. Lees die vorige berig hier.
Lt.-kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan aan FiND iT bevestig Bellingan is uit op borgtog van R2 000 en dat hy weer op 17 Februarie 2022 in die hof sal verskyn.



