Rek die Kersfees-vieringe uit

Deel hierdie storie / Share this story

Bekendes in Suid Afrika vier Kersfees soos almal van ons. En dan kry jy kunstige bekendes soos Nataniël wat sy gunstelingtyd van die jaar so ver as moontlik probeer uitrek.

As jou familie oor die wêreld versprei is of daar is ‘n pap babatjie iewers of iemand is siek en kan nie reis nie, dan het diegene wat maklik kan rondbeweeg drie of vier Kersfeeste. Jy vlieg en ry heen en weer om almal van Kaapstad tot in Gauteng by jou Kersfeesplanne in te sluit.

Vir dié wat oor die water bly, word geskenke maande voor die tyd gepos.

Nataniël rek die vieringe aspris so lank as moontlik uit. Hy het die tradisionele Kersfees saam met familie en dan ‘n Kersete saam met vriende. Dan gaan hy na Pretoria vir feesvieringe saam met sy broer en sý se familie, net sodat sy broer kan sien hy kan nog kook.

Hy het ook ‘n Kersfees wat hy saam met sy “bende” vier, maar hierdie viering hoef nie noodwendig op Kersdag plaas te vind nie. “Daar is niks verkeerd daaraan om ‘n Kersete in April saam met my bende te hê as daar nie ‘n ander geskikte tyd is nie.”

Dan gaan besoek hy ook ‘n paar ouetehuise. Maar Nataniël vertel sy droom-Kersfees is ‘n wit Kersfees oorsee.

So het elke gesin hulle Kersfees-tradisies. Wat is joune? Stuur gerus vir ons jou Kersfees-foto’s en vertel vir ons hoe julle dié dag as gesin vier.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: BFN-kroegeienaar uit op borg