Kersfees sonder geliefdes

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is baie mense wat Kersfees hierdie jaar sonder hulle geliefdes gaan vier. Of dit nou is omdat hulle ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, nie die finansies het om dit moontlik te maak nie of hulle familielede wat oorsee is. Dit bly moeilik, want Kersfees is vir baie mense familietyd.

Dis nie altyd maklik om jou gevoelens te hanteer wanneer daar iemand is wat jy graag by jou wou hê, wat nie by jou kan wees nie.

Dis vandag meer as ooit belangrik dat jy verantwoordelik vat vir jou eie welstand en om dit te doen, moet jy jou emosies verwerk. Of dit positiewe of negatiewe gevoelens is, jy moet dit verwerk.

Indien jy iemand is wat sukkel hiermee, hier is raad van sielkundiges en traumaberaders:


Omring jouself met positiewe dinge. Luister na lekker opgewekte musiek, omring jou met positiewe mense (vriende, bure en die familie wat wel by jou is). Hou jouself besig. Bak ‘n koek, maak die tuin nat of kyk een van die baie Kersfees-flieks wat nou op die televisie wys.

Maak jou deure en vensters oop, trek oop daardie gordyne sodat die sonstrale al die negatiewe energie uit jou huis en jou binneste kan kry.

Belê vandag in jouself. Bederf jouself. Gaan tap daardie bad lekker vol en gooi ‘n ekstra proppie badsout in. Trek aan asof jy iewers heen gaan, selfs al bly jy by die huis.

Die belangrikste is om negatiewe of hartseer gedagtes dadelik met ‘n mooi positiewe gedagte te vervang. Jy is wat jy dink. Neem vandag die besluit om skegs positiewe dinge in jou gedagtes toe te laat.

Om die bekende Nataniël aan te haal: “Al drink jy môre Oros, drink vir hom uit ‘n mooi glas uit!”

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Brandstofbesparing hierdie feesseisoen