Minister Mantashe toets positief vir Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Minister Gwede Mantashe, die minister van minerale, hulpbronne en energie, het Saterdag 18 Desember positief vir Covid-19 getoets.

Me Nonceba Mhlauli, woordvoerder vir minister Mantashe, sê hy het positief getoets na hy ligte simptome van die virus getoon het.

“Minister Mantashe se gemoed is goed en hy is tans in isolasie.”

Die regering doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hulle te laat inent en streng by Covid-19-regulasies te hou om ‘n veilige en gelukkige feesseisoen saam met vriende en familie te kan deurbring.

Volg FiND iT hier op Facebook.

President Cyril Ramaphosa het verlede Sondag ook positief getoets vir Covid-19 ná hy die gedenkdiens van oudpres. FW de Klerk bygewoon het.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.