Geraamte op sandduin in Sardiniabaai gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verbyganger het omstreeks 10:50 vanoggend op ‘n gedeeltelik begrawe geraamte op Sardiniabaai afgekom.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die geraamte is deur iemand wat op die strand op Sardiniabaai geloop het, gevind.

“Die polisie is in kennis gestel. Hulle kon vasstel die geraamte was vir ‘n rukkie lank begrawe.”

Volgens Naidu was die geraamte onder vyf tot 25 cm sand begrawe. Daar was geen ander klere of enige ander leidrade beskikbaar wat die polisie in staat kon stel om die persoon te identifiseer nie.

Naidu sê die geraamte sal vir forensiese analise gestuur word om die geslag, ouderdom en ras te bepaal.

Die polisie ondersoek die saak en doen ‘n beroep op enigiemand wat ‘n vermiste persoon óf ‘n verdrinking aangemeld het, om die polisie by 082 441 8505 te skakel.

Lees ook: BFN-kroegeienaar in hof na hy 17-jarige glo met tik inspuit

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.