Laat jou inent, sê Ramaphosa ná hy positief toets

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa, wat Sondag positief getoets het vir Covid-19, vra dat Suid-Afrikaners hulle laat inent.

Die presidensie het vanoggend op Twitter gesê dat die president nié vandag, soos elke ander Maandag, sy weeklikse nuusbrief sal uitstuur nie.

Hy het egter getwiet en dankie gesê aan Suid-Afrikaners vir almal se goeie wense ná die nuus bekendgemaak is.

“Terwyl ek herstel, is my boodskap vir die week: ‘Bly waaksaam. Doen alles wat jy kan doen om veilig te bly, en begin deur ingeënt te word.”

Hy het Sondag siekerig begin voel ná hy Sondag die gedenkdiens van oudpres. FW de Klerk bygewoon het.

Pres. Ramaphosa, wat homself teen Covid-19 laat inent het, is in isolasie in Kaapstad en het alle presidensiële verpligtinge aan adjunk-president David Mabuza oorgegee.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.