Jacob Zuma se boek oor ‘die waarheid’

Deel hierdie storie / Share this story

Oud-president, Jacob Zuma, het Saterdag sy boek waaraan hy die afgelope paar maande gewerk het “Jacob Zuma Speaks” uitgebring.

Die boek is gebaseer op sy lewensverhaal en oor “die positiewe kant van dié voormalige president”. Hy het reeds in 2017 gesê dat hy van plan is om ‘n boek te skryf.

In ‘n verklaring skryf die Jacob Zuma-stigting:

“Die tyd het aangebreek dat die waarheid en niks anders as die waarheid vertel word nie. Daar is baie oor hom gesê, maar hierdie boek sal die waarheid onthul.”

Dié boek sal veral fokus op die “nege vermorste jare” onder die presidensie van Zuma toe hy tussen 2009 en 2018 die president van Suid-Afrika was.

Die 79-jarige is tans op mediese parool nadat hy in September weens swak gesondheid uit die tronk vrygelaat is, nadat hy net twee maande van ‘n vonnis van 15 maande uitgedien het. Die vonnis was die gevolg van sy weiering om voor ‘n kommissie van ondersoek na korrupsie tydens sy 2009-’18-presidentskap te verskyn.

Volgens sy se woordvoerder, Mzwanele Manyi, is die boek reeds Sondag uitverkoop.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.