Die bekende batebestuurder, Magda Wierzycka, het positief getoets vir Covid-19 ten spyte van die feit dat sy rééds drie keer ingeënt is.
Wierzycka het Saterdagaand op haar Twitter-profiel gesê sy het Covid-19 “in sy volle glorie met al die simptome.”
Volgens Wierzycka gebruik sy medikasie wat haar immuunstelsel onderdruk en glo sy vas as dit nie vir die drie inentings was nie, sy nou in die hospitaal op suurstof sou gewees het.
Haar twiet het gesorg vir ‘n debat tussen haar volgelinge wat ingeënt is en dié mense wat nie ingeënt is nie.
Wierzycka is die stigter van Sygnia waar sy lank die uitvoerende hoof was voor sy vanjaar die uitvoerende voorsitter van Sygnia se direksie geword het.




