President Ramaphosa toets positief vir Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het Sondag positief getoets vir Covid-19.

Hy ontvang nou behandeling vir Covid-19-simptome wat hy begin toon het kort na hy oud-president

FW de Klerk se gedenkdiens in Kaapstad bygewoon het.

“Die president is nog baie positief, maar word tans deur die Suid-Afrikaanse Weermag se gesondheidsdiens gemonitor,” lui die verklaring.

President Ramaphosa, wat teen Covid-19 ingeënt is, is in isolasie in Kaapstad en het alle presidensiële verpligtinge aan adjunk-president David Mabuza oorgegee vir die volgende week.

Die verklaring sê ook die verrigtinge wat vandag in Kaapstad plaasgevind het, het aan al die nodige gesondheidsregulasies voldoen.

Persone wat in kontak met president Ramaphosa was, is aangeraai om op die uitkyk te wees vir simptome of hulself te laat toets.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Vrystaat-leerling kraak skedel na hy van bakkie afval

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.